Radio Eendrag South Africa

Radio Eendrag South Africa
Welkom By Radio Eendrag 'n Radio stasie vir almal, oud en jonk, vir die gesin,vir die familie, vir vriende, vir die volk wereldwyd!!!!!!!!!!!!!!!! Hier kuier ons saam, lag ons saam, deel mekaar se vreugde, huil ons saam en deel mekaar se hartseer en verlange, vier ons saam fees in goeie tye, dans saam,

Sunday, October 12, 2014

Mynardville Jeugfees met Radio Eendrag

Mynardville Jeugfees met Radio Eendrag
~*DJ Uiltjie*~: Rooi Oktober Kaap

Vriende ek wil van die geleentheid gebruik maak om dankie te se aan die organiseerders van die Mynardvillefees. Dit was voorwaar 'n fees 1000. Dankie Des, Johan en Judith om maar drie te noem van almal, vir die reelings, dit was 'n reuse sukses.

Ons het baie van ons kunstenaars ontmoet soos Theuns Wium, Burger le Roux, Stephan Visagie, Le-Lue Roode, Chad Abnett, Jaco "losgelaat" Loots, Dillon Lerm en Shaun Tait. Sangers en sangeresse met goue harte, ons mense. Ek wil hulle bedank vir die warmte wat hulle saam met ons gewerk het en sal enige tyd in die toekom weer saam hulle werk.

Ook 'n spesiale dank aan Dillon Lerm vir die nuutste album van hom wat hy geskenk het aan Radio Eendrag. u Sal binnekort meer van hulle sien en hoor in ons koerant "Eendrag Nuus" en ook hulle musiek op Radio Eendrag. Ons gaan nouer saam hulle werk en hulle bemark.

Maak seker u kry Eendrag Nuus te lese die end van Oktober. Als van die fees en die kunstenaars gaan daarin verskyn asook tonne fotos..

Voorwaar ;n fees met die beste gees gewees. Dis nie die einde nie die volgende een word reeds beplan, so rondom end Maart volgende jaar. Ja soos hulle se, "gaan groot of gaan huis toe!!" Huis toe is nie 'n opsie nie so ons gaan groot!!!!!

Dankie aan almal dit sal 'n onvergeetlik dag bly!!!!
Groetnis
Dj Uiltjie & Dj Spokie