Mynardville Jeugfees met Radio Eendrag
~*DJ Uiltjie*~: Rooi Oktober Kaap
Vriende
ek wil van die geleentheid gebruik maak om dankie te se aan die
organiseerders van die Mynardvillefees. Dit was voorwaar 'n fees 1000.
Dankie Des, Johan en Judith om maar drie te noem van almal, vir die
reelings, dit was 'n reuse sukses.
Ons het baie van ons
kunstenaars ontmoet soos Theuns Wium, Burger le Roux, Stephan Visagie,
Le-Lue Roode, Chad Abnett, Jaco "losgelaat" Loots, Dillon Lerm
en Shaun Tait. Sangers en sangeresse met goue harte, ons mense. Ek wil
hulle bedank vir die warmte wat hulle saam met ons gewerk het en sal
enige tyd in die toekom weer saam hulle werk.
Ook 'n spesiale
dank aan Dillon Lerm vir die nuutste album van hom wat hy geskenk het
aan Radio Eendrag. u Sal binnekort meer van hulle sien en hoor in ons
koerant "Eendrag Nuus" en ook hulle musiek op Radio Eendrag. Ons gaan
nouer saam hulle werk en hulle bemark.
Maak seker u kry Eendrag
Nuus te lese die end van Oktober. Als van die fees en die kunstenaars
gaan daarin verskyn asook tonne fotos..
Voorwaar ;n fees met
die beste gees gewees. Dis nie die einde nie die volgende een word reeds
beplan, so rondom end Maart volgende jaar. Ja soos hulle se, "gaan
groot of gaan huis toe!!" Huis toe is nie 'n opsie nie so ons gaan
groot!!!!!
Dankie aan almal dit sal 'n onvergeetlik dag bly!!!!
Groetnis
Dj Uiltjie & Dj Spokie
Radio Eendrag South Africa

Welkom By Radio Eendrag 'n Radio stasie vir almal, oud en jonk, vir die gesin,vir die familie, vir vriende, vir die volk wereldwyd!!!!!!!!!!!!!!!! Hier kuier ons saam, lag ons saam, deel mekaar se vreugde, huil ons saam en deel mekaar se hartseer en verlange, vier ons saam fees in goeie tye, dans saam,