Radio Eendrag South Africa

Radio Eendrag South Africa
Welkom By Radio Eendrag 'n Radio stasie vir almal, oud en jonk, vir die gesin,vir die familie, vir vriende, vir die volk wereldwyd!!!!!!!!!!!!!!!! Hier kuier ons saam, lag ons saam, deel mekaar se vreugde, huil ons saam en deel mekaar se hartseer en verlange, vier ons saam fees in goeie tye, dans saam,

Saturday, August 23, 2014

Aandag Vriende!!!!!

Aandag Vriende!!!!!

Rol af tot heel onder op die blad, daar sal u ons skreebox vind, los asb jou kommentaar daar wat jy van ons stasie dink asook enige voorstelle.

Welkom By Radio Eendrag

'n Radio stasie vir almal, oud en jonk, vir die gesin,vir die familie, vir vriende, vir die volk wereldwyd!!!!!!!!!!!!!!!!
0064
Hier kuier ons saam, lag ons saam, deel mekaar se vreugde, huil ons saam en deel mekaar se hartseer en verlange, vier ons saam fees in goeie tye, dans saam,

WANT
Hier staan ons saam en vat hande soos een groot familie.
 Hier luister ons na die nuus, die weer, maak ons lekker musiek en gesels ons oor alles wat saak maak.Lekker programme vir almal,want hier is u baie belangrik.Ja u as luisteraar beteken vir ons baie, die stasie is u stasie waar u moet gelukkig wees en uitsien om saam ons te kuier.
Daaroor is u meer as welkom om met voorstelle te kom waar ons kan verbeter en meer bied.Ja u mag van ons verskil in besprekings punte, dis u reg en niemand gaan vir u kwaad wees daaroor nie.Ons wil juis almal se sienings hoor en hoe ons mense voel oor al die dinge.Daaroor moet u deel wees en deelneem aan al ons programme.Radio Eendrag kan net effektief wees as u die Radio stasie se programme ten volle gebruik.Die programme is daar om ons mense te help waar ons kan.
Laastens wil ek net my dank uitspreek aan almal wat deel is om die stasie so 'n groot sukses te maak, asook al ons luisteraars hier by Radio Eendrag.Dit is u wat van hierdie stasie so 'n pragtige en vooruitstrewende stasie maak.
Baie dankie aan almal

Ek wil graag die volgende persone spesiaal bedank vir hulle onbaatsugtige bydra:


Andy en Pam daar in Duitsland
Die ontwerp en diens op die webwerf,Blogspot en Faceboek blaaie wat julle gedoen het en die onderhoud daarvan.Ook al die pragtige embleme wat julle ontwerp het vir Radio Eendrag .

Karel
Al die bystand en hulp wat jy aan Radio Eendrag verleen en altyd bereid is om te help

Dankie dat julle 24 uur, 7 dae 'n week daar is as Radio Eendrag julle nodig het, dis vriende soos julle wat Radio Eendrag  se sukses aan te danke is.

Graag wil ek ook die Dj's bedank vir die harde werk, baie ure en onbaatsugtige diens wat julle lewer.As dit nie vir julle lojaliteit was nie sou Radio Eendrag nie nou al so suksevol gestaan het nie.

No comments:

Post a Comment