Radio Eendrag South Africa

Radio Eendrag South Africa
Welkom By Radio Eendrag 'n Radio stasie vir almal, oud en jonk, vir die gesin,vir die familie, vir vriende, vir die volk wereldwyd!!!!!!!!!!!!!!!! Hier kuier ons saam, lag ons saam, deel mekaar se vreugde, huil ons saam en deel mekaar se hartseer en verlange, vier ons saam fees in goeie tye, dans saam,

Monday, August 18, 2014

Die (dikwels omstrede) sanger en akteur Steve Hofmeyr

Die (dikwels omstrede) sanger en akteur Steve Hofmeyr. Foto: Argief


KAAPSTAD. - Kultuurliedere soos Die Stem behoort ’n regmatige plek by kultuurfeeste te hê.
Só het die Federasie vir Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) Dinsdag in 'n verklaring gesê. 
Dié is uitgereik na aanleiding van die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr se besluit om tydens die Innibos-fees in Mbombela (Nelspruit) Die Stem van die verhoog af te sing.
Hofmeyr het agterna erken hy het 'n "politiek inkorrekte kans gewaag" deur die lied te sing. Hy het op die Maroela Media-webwerf die volgende te sê gehad: "Integrasie het ons die mees gewelddadige land gemaak la-a-ank voordat ek Die Stem gesing het. Ek vereenselwig die nuwe vlag & volkslied dáármee".
Die sanger is uit verskeie oorde geloof dat hy Die Stem gesing het, maar hy is ook in ​koerantartikels en op sosiale mediaplatforms bygekom omdat baie glo die lied herinner nog aan die ou Suid-Afrika en die dae van rasseverdeling onder die beleid van apartheid.
Die FAK het in sy verklaring sy steun vir Hofmeyr gewys en gesê Die Stem se gewildheid het nie na die eerste demokratiese verkiesing in 1994 afgeneem nie.
"Soos wat Afrikaners die nuwe volkslied voluit sing, is Die Stem as kultuurlied steeds ’n kosbare kulturele erfenis vir baie Afrikaners. Nasies word gebou deur respek en erkenning van nasionale en kulturele simbole.
“Die Stem behoort erken en gerespekteer te word soos wat die Ou Transvaalse en Vrystaatse Volksliedere erken en gerespekteer word. Die sing van die ou volksliedere (soos Die Stem) beteken geensins ’n heimwee na ’n Suid-Afrika voor 1900 nie," aldus die FAK.
Op sy Facebook-blad het die sanger gesê hy sal nie skroom om weer die lied te sing nie. "Ek sal dit meer sing en ek vra dat die banvloek op ons heiligste tradisionele lied gelig word en dat almal vry mag wees om te sing wat hulle wil, waar hulle wil, solank dit nie haatspraak is of geweld verkondig nie."
Hofmeyr het ook gesê: "Die Stem is 'n gebed, geskryf deur 'n Suid-Afrikaner vir Suid-Afrikaners, twee dekades voor apartheid. Bygesê, ter versagting, ek kan Nkosi(Sikelel’ iAfrika) sing en die nuwe vlag salueer, veral as ons as Suid-Afrikaners presteer, en ek doen steeds, maar moenie my voorskryf oor presies waaroor en wanneer ek trots moet voel nie."

No comments:

Post a Comment