Radio Eendrag South Africa

Radio Eendrag South Africa
Welkom By Radio Eendrag 'n Radio stasie vir almal, oud en jonk, vir die gesin,vir die familie, vir vriende, vir die volk wereldwyd!!!!!!!!!!!!!!!! Hier kuier ons saam, lag ons saam, deel mekaar se vreugde, huil ons saam en deel mekaar se hartseer en verlange, vier ons saam fees in goeie tye, dans saam,

Monday, August 18, 2014

Lag saam en geniet dit!!

Lag saam en geniet dit!!
hyu

Doodverliefde kêrel aan meisie: "Wat sal jy sê as ek jou vra om met my te trou?" Meisie: "Niks nie. Ek kan nie terselfdertyd lag en praat nie."
Jannie: Juffrou sal dit nou nie glo nie, laas naweek het ons gaan visvang. Ons het 33 babers gevang en Juffrou sal dit nou nie glo nie, maar nie een was onder 15 kg nie.
Juffrou: Jislaaik Jannie, dit was ’n verskriklike vangs. Die juffrou wil nou nie vir Jannie in sy gesig sê hy praat nou regtig tjol nie. Sy besluit om dit op ’n diplomatiese manier te doen. Sy besluit sy gaan ook so ’n wilde storie vertel en daardeur vir Jannie laat verstaan sy glo nou glad nie sy stories nie.
Juffrou: Jannie, jy sal my nou nie glo nie maar daar het net so ’n verskriklike ding die naweek met my gebeur. Ek en die kinders loop kortpad deur die veld, en die volgende oomblik grom daar ’n leeu hier reg langs ons. Jannie jy sal dit nou nie glo nie, maar die leeu kom toe aangehardloop en ons sien hy gaan ons opvreet. Die volgende wat ons sien is die Jack Russel wat ook hier uit die bos aangehardloop kom. Jannie jy sal dit nou nie glo nie, maar die Jack Russel gryp toe sowaar die leeu en hy verniel vir hom. Hy skud daai leeu naderhand so woes rond dat jy sommer hoor hoe die leeu se nek klap. Jannie jy sal dit nie glo nie, daar lê die leeu toe, heel vrek.Juffrou: Jannie, glo jy die storie wat ek jou nou net vertel het?Waarop Jannie antwoord: Maar natuurlik juffrou, dit was my Jack Russel.
Vrou: Jan wil jy ni asb ophou suip ni? Man: ek sal as jy ophou make-up dra. Vrou: ek dra make-up om vi jo mooi te lyk. Man: ek suip ook sodat jy vir my mooi lyk
 Vier ouens het vir baie jare na dieselfde jagplaas in die Kalahari gegaan. Twee dae voor hulle weer sou gaan, het Vossie se vrou haar voet neergesit en gesê dat hy hierdie keer nie gaan nie.
Vossie se pelle was uit die aard van die saak baie ontseld, maar wat kan 'n man maak?
Twee dae later toe die drie egter by die jagplaas aankom, kry hulle vir Vossie wat met 'n bier in die hand by die vuur sit. Tente was klaar opgeslaan, vuurmaakhout op 'n hoop en die vleis klaar op die rooster.
Hoe lank is jy al hier? En hoe de hel het jy reggekry om jou vrou sover te kry om jou te laat kom" wou hulle weet.
Wel ek het vroeg vanoggend hier aangekom"
Gisteraand sit ek gatvol op my stoel by die huis toe my vrou van agter kom en my oë toedruk en vra "Raai wie" Ek haal haar hande af en sien dat sy die sexyste nightie aanhet.
Sy vat my hand en trek my kamer toe. Daar gekom sien ek 'n klomp kerse wat brand en roos blare die hele wêreld vol. Op die bed ls daar toue en 'n paar handboeie. Sy sê toe ek moet haar uittrek en op die bed vasmaak.
Ek doen dit to maar. Toe sê sy "Nou doen jy net wat jy wil"

No comments:

Post a Comment