Radio Eendrag South Africa

Radio Eendrag South Africa
Welkom By Radio Eendrag 'n Radio stasie vir almal, oud en jonk, vir die gesin,vir die familie, vir vriende, vir die volk wereldwyd!!!!!!!!!!!!!!!! Hier kuier ons saam, lag ons saam, deel mekaar se vreugde, huil ons saam en deel mekaar se hartseer en verlange, vier ons saam fees in goeie tye, dans saam,

Saturday, August 23, 2014

Botterbek Hoenderkerrie

Botterbek Hoenderkerrie

Dryf die koue met die heerlike hoender kerrie.....

Jy het nodig:
10-15 hoenderdyfilette, afhangend van grootte
15 ml matige kerriepoeier
250 ml ongegeurde jogurt
1 groot ui, gesny
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
100 ml botter
4 kardemompeule, oopgesny
2 kaneelstokkies
5 knoffelhuisies, gekneus
1 duimgroot stuk vars gemmer, gerasper
10 ml garam masala
5 ml borrie
15 ml kerrieblare
2 groen brandrissies, gesny
1 groot, ryp tamatie
45 ml tamatiepasta
5 ml suiker
500-750 ml hoenderaftreksel, verkieslik tuisgemaak
sap van een suurlemoen
250 ml room
vars koljanderblare

So gemaak:
Plaas die hoenderstukke in ‘n mengbak en vryf die kerriepoeier in die vleis in. Roer die jogurt deur die filette, bedek dit en plaas in die yskas om te marineer, verkieslik oornag.

Soteer die ui en soetrissie in die botter tot sag. Voeg die kardemom, kaneelstokkies, knoffel, gemmer, garam masala, borrie, kerrieblare en brandrissie by en roerbraai vir sowat 1-2 minute of totdat al die geure ontwikkel het.

Sny ‘n kruisie in die tamatie se skil, giet kookwater oor en trek dan die skil af. Kap die tamatie en voeg dit saam met die tamatiepasta, suiker en 500 ml van die aftreksel by die bestanddele in die kastrol. Prut vir sowat 10 minute.

Vee die oortollige marinade van die hoenderdyfilette af en panbraai die hoender tot goudbruin in ‘n riffelpan of gewone braaipan. WENK Die hoender kan met ‘n kwassie ge-olie word voordat jy dit op ‘n riffelpan braai om te keer dat dit vassit. As jy dit in ‘n gewone braaipan braai, kan jy eers ‘n bietjie olie in die pan verhit.

Voeg die hoender, suurlemoensap en room by die bestanddele in die kastrol, geur na smaak met sout en peper en bring tot kookpunt. Voeg nog aftreksel by, indien nodig, en laat prut sowat 35 minute of totdat die hoender gaar en sag is. Sprinkel koljanderblare oor en sit voor saam met rys en sambal.

No comments:

Post a Comment